Codex Studiosorum Bruxellensis

Studente Lied

Pagina 532 • Anderstalige liederen

C.F. Visser, E. Hullebroeck

Die studentejare gaan verby,

Verby studenteweelde;

Nooit keer hul ooit terug vir my:

Die tyd, die lieflingsbeelde,

Die koringmeul wil nie meer maal,

My skulde moet ek self betaal!

O treurigheid op note

Ek staan op eie pote.

(BIS)

Soos mieliepitte spat uiteen

Die oue troue vrinde;

Ek staan nou moedersiel alleen

En is maar net bediende

Ek is nie meer myn eie baas,

Ek werk met Paul en Piet en Klaas.

O treurigheid op note

Ek staan op eie pote.

(BIS)
De oud studenten staan recht.

Maar moe nie glô, al word ons oud,

Ons hart kan ooit verander,

Ons liefde is nog lang nie koud,

Ons sta nog by mekander.

Dus vriende reik mekaar die hand,

Hernuw die heil'ge vriendskapsband,

Gaan dit met stamp' en stot

Nog bly ons op ons pote.

(BIS)