Gertjie
Pagina 522 • Anderstalige liederen
Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie?
Hoe's dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al Gertjie, Gertjie
Dit is de tyd dat ons ga trou.
Glo tog Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
Nog langer an jou sleeptou bly nie, bly nie
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie
Maar my jare gaan verby.
'k Hoor jy is verliefd op Sarie, Sarie
Maar die pret moet jy laat staan.
Pas maar op vir Pieter en Danie, Danie
Hul is kerls, wat somaer slaan.
Jy weet, as ons Sondags kuier, kuier
Agter om die kop verby
Dan seg ek: "Nonnie, lig jou sluier, sluier
Kom en gee een soen vir my."
Jannie, al die soentjes help nie, help nie
Kyk vir Pieter en vir Griet,
Vandag wil hul mekaar nie hé nie, hé nie
Al die soentjes is verniet.
Ons moet dan die pret maar staan laat, staan laat
Ons moet maar die soen laat bly,
Ek sal myn eie pad dan kry maar, kry maar
En jy kan na Sarie vry, vry, vry.